Suzanne en Karel het so diep in my hart gekruip! Hulle is van die vriendelikste mense wat ek al ooit ontmoet het. Suzanne was so ontspanne die oggend van hul troue - die hele atmosfeer was so heerlik en rustig. Sy het absoluut pragtig in haar rok gelyk en Karel kon net nie sy oe van haar af hou nie. Dit was n warm (maar wonderlike!) troue in Rawsonville en ek was mal oor die vetplantjie tema vir dekor. Julle twee is ongelooflik - julle liefde straal!!