Suzette is een van daai mense wat jy net dadelik oor die weg mee kom. Syt n wonderlike persoonlikheid en dis maklik om te sien hoekom Morne so diep verlief op haar is! Dit was een wonderlike (en warm!) troue verby Caledon by De Oudekraal en almal het heerlik gekuier heel aand. DIe troue was so ontspanne - was absoluut n droom om af te neem. Dankie vir n wonderlike troue en dat ek die voorreg gehad het om dit af te neem!